Ons het by die sentrum begin waar ons eers warmbrakke gekry het om te eet en toe luister ons na die verkenners wat vir ons verduidelik het wat die plan van aksie en reƫls vir die aand is. Omdat ons nog te klein is, moes ons met flitse loop wat plastiek om gedraai het om soos 'n fakkel te lyk, maar volgende jaar mag ons met regte fakkels loop.
Toe begin ons stap na die kerk, toe ons daar aankom het ons warm sjokolade gekry en almal in die kerk gaan sit om te luister na die dominee se boodskap. Hy het ons vertel dat ons elke dag so moet optree en leef dat dit vir almal sigbaar sal wees dat ons ware Christene is.
Dankie aan al die ouers wat die erediens saam ons bygewoon het.



