Saturday, February 18, 2012

Plakkerskamp


Vrydag aand 17 Februarie kom ons almal bymekaar by Rooihuiskraal kommando vir die jaarlikse junior PD oordkamp. Dit is nie kartonne en plastiek waar jy kyk. Nie te lank nie of ons word in groepe opgedeel en kry die opdrag om vir ons 'n plakkershut te bou waarin almal kan slaap.

Binne 'n uur staan daar hele klomp huisies gebou met die karton en plastiek en verdwyn al die kinders na binne vir beoordeling. Na aandete word die heelwat speletjies gespeel op die grasperk en toe word daar kolvyntjies versier.

Die wat moeg is verdwyn toe in slaapsakke in en daar word lekker geslaap tot vroegoggend toe almal weer huis toe gaan.

Tuesday, February 14, 2012

Babbel en Borrel

Maandag het 'n klomp Koedoes, hopelik nie vir die eerste keer die maand nie, seep gesien.

Daar was net bolle skuim soos hulle gespeel en gegly het en soms moes mens mooi kyk om hulle te kon herken tussen al die skuim. Dit was hope pret, gaan kyk gerus na die fotos by die skakel onder en kyk of jy jouself kan sien.

Babbel en Borrel 2012