Saturday, June 16, 2012

Spankamp - Junie 2012

Die Koedoes het die naweek van 15-16 Junie by die sentrum bymekaar gekom vir ons winter spankamp. Die doel van die kamp was om "Die Kok" spesialisasie af te handel.


Vrydagaand is daar hard gewerk om vir elke kok 'n voorskot te verf, kokhoed te maak, spyskaarte te skryf en plekmatjies te maak vir ons tafels. Teen slapenstyd was dit alle darem klaar en kon die voorskote droog word terwyl ons slaap.

Saterdag vroegoggend is ons almal in aktiewe Voortrekkerdag na die flieks by Mall@Reds waar ons saam met die kommando Madagascar 3D gaan kyk het. Elke Koedoe bewapen met 'n koeldrank en springmielies, was reg om te lag vir al die lawwigheid van die diere in die sirkus.

Teen middagete was ons tequ'alq0wEntrum en gou iets geëet voordat die groot kosmaak begin. Eerste op die taaklys was om ons tafels gedek en versier te kry sodat ons Koedoekafee eksie perfeksie was voor ons gaste arriveer. Droë rangskikkings is op elke tafel gemaak om by ons bosveldtema te pas en saam met die tuisgemaakte plekmatjies het die tafels sommer baie mooi gelyk.

Tweede op die lys was die kos en die Koedoes moes almal inspring en help om broodjies te sny en te botter, tamaties in skuifies te sny, kaas te rasper en lekker koue vrugtesap aan te maak. Nie lank nie en alles was reg om vir ons gaste die lekkerste hamburgers en boereworsrolle te kan bedien.


Die Koedoes trek almal gou hulle kokhoede en voorskote aan en wag trots vir ons gaste om te arriveer. Een vir een kan die genooide hongers ouers aan en word gewys na hulle plekke. Bestellings word geneem en Koedoes begin braai aan die burgers en boerewors. Die lekkerste reuk hang in die lug met bosveldklanke wat speel in die agtergrond.

Kort voor lank is al die gaste besig om te smul aan die heerlikste hamburgers en skyfies. En die Koedoes kry gou kans om vir hulself ook iets te maak om te eet. Orals sit moeë Koedoes en hul gaste met vol magies en gesels lekker oor die pret wat hul gehad het by die Koedoekafee.

Saturday, June 2, 2012

Rooihuiskraal GGA - Fietsry

Op Saterdag 2 Junie het 8 Koedoes die Rooihuiskraal GGA bygewoon en die Fietsry spesialisasie voltooi.

Ons het geleer van al die dele van 'n fiets en wat hul funksie is. Die raam, handvastel, sitplek, bande, speke, remme, remblokke, wiel, ketting, ratwisselaar en ratte.

Daarna het ons geleer hoe om 'n fiets veilig te hanteer en geleer van handseine wat ons moet gebruik om seker te maak ander padgebruikers is bewus van wat ons gaan doen. Verder het ons stilgestaan en geleer van padtekens en hul betekenis, want  ons kan tog nie op die pad ry sonder dat ons weet wat die tekens bedoel nie.

Kort daarna was dit tyd vir ons fietse om gebad te word, warm skuimbolle het vinnig orals op fiets gelê en nie lank nie en al die fietse blink in die lekker sonskyn.


Bane word gebou met padtekens en elkeen moet die baan ry en die nodige padtekens korrek identifiseer en toepas. Handseine moet ook gebruik word en dit is duidelik dat meeste maar nog skrikerig is om net met een hand op die handvastel te ry.

Die baan suksesvol voltooi en middagete word verslind, want watter Koedoes is nou nie mal oor pizza nie. Almal se magies lekker vol en bietjie uitgerus en die lang 2 kilometer rit word aangepak. Die sirkelbaan van ongeveer 1km is netjies uitgewerk en sluit 'n strawwe bult en lekker afdraande in en verder is daar moeilike dele waar ons deur diep sand moes ry (of stoot) as jy vasval. Die baan was soveel pret dat sommige Koedoes sommer 4 keer die baan voltooi het.

En uiteindelik is nog 'n dag van Voortrekkerpret by 'n einde en 'n paar moeë Koedoes laai die fietse weer in karre en gaan terug na hul huise.

Thursday, May 17, 2012

Fakkelloop

Op Hemelvaartsdag, 17 Mei, het al die Koedoes saam die kommando deelgeneem aan 'n fakkelloop na Wierdapark-Suid NG gemeente.

Ons het by die sentrum begin waar ons eers warmbrakke gekry het om te eet en toe luister ons na die verkenners wat vir ons verduidelik het wat die plan van aksie en reëls vir die aand is. Omdat ons nog te klein is, moes ons met flitse loop wat plastiek om gedraai het om soos 'n fakkel te lyk, maar volgende jaar mag ons met regte fakkels loop.

Toe begin ons stap na die kerk, toe ons daar aankom het ons warm sjokolade gekry en almal in die kerk gaan sit om te luister na die dominee se boodskap. Hy het ons vertel dat ons elke dag so moet optree en leef dat dit vir almal sigbaar sal wees dat ons ware Christene is.

Dankie aan al die ouers wat die erediens saam ons bygewoon het.

Saturday, May 12, 2012

Rietvallei GGA - Paraatheid

Saterdag, 12 Mei woon die Koedoes die Rietvallei kentekendag by en voltooi die Paraatheid spesialisasie.

Hulle leer hoe om gas, parafien, kerse en flitse veilig te hanteer en die gevare van hierdie artikels.
Verder leer hulle ook van belangrike telefoonnommers and hoe om paraat te wees.

Die brandweer het kom gesels met hulle en ons alles vertel van wat om te maak wanneer daar 'n brand is en hoe om op te tree.

Toe het die polisie ons kom vertel wat om te doen in die geval van kapings of huisbrake. Hulle wys ook vir ons al die toerusting wat hulle gebruik, met regte R1 en R5 wapens wat ons aan kon raak. Hulle het ons ook vertel van dwelms en om nooit enige iets van 'n vreemde persoon te vat nie.




Wednesday, April 4, 2012

Gebiedskamp

Tydens die April skoolvakansie woon van die Koedoes die twee gebiedskampe, Hoëveld en Jakaranda, by en voltooi die Spoorkennis en Handwerk spesialisasies.

By spoorkennis het hulle geleer van dierespore, hoe om 'n spoor in die veld te volg, bekruiping en nog vele meer pret.











Buiten die kursus bywoning was daar ook kampvuurkonsert, veldfliek, waterkaskenades en nog vele meer pret dinge.