Saturday, June 16, 2012

Spankamp - Junie 2012

Die Koedoes het die naweek van 15-16 Junie by die sentrum bymekaar gekom vir ons winter spankamp. Die doel van die kamp was om "Die Kok" spesialisasie af te handel.


Vrydagaand is daar hard gewerk om vir elke kok 'n voorskot te verf, kokhoed te maak, spyskaarte te skryf en plekmatjies te maak vir ons tafels. Teen slapenstyd was dit alle darem klaar en kon die voorskote droog word terwyl ons slaap.

Saterdag vroegoggend is ons almal in aktiewe Voortrekkerdag na die flieks by Mall@Reds waar ons saam met die kommando Madagascar 3D gaan kyk het. Elke Koedoe bewapen met 'n koeldrank en springmielies, was reg om te lag vir al die lawwigheid van die diere in die sirkus.

Teen middagete was ons tequ'alq0wEntrum en gou iets geëet voordat die groot kosmaak begin. Eerste op die taaklys was om ons tafels gedek en versier te kry sodat ons Koedoekafee eksie perfeksie was voor ons gaste arriveer. Droë rangskikkings is op elke tafel gemaak om by ons bosveldtema te pas en saam met die tuisgemaakte plekmatjies het die tafels sommer baie mooi gelyk.

Tweede op die lys was die kos en die Koedoes moes almal inspring en help om broodjies te sny en te botter, tamaties in skuifies te sny, kaas te rasper en lekker koue vrugtesap aan te maak. Nie lank nie en alles was reg om vir ons gaste die lekkerste hamburgers en boereworsrolle te kan bedien.


Die Koedoes trek almal gou hulle kokhoede en voorskote aan en wag trots vir ons gaste om te arriveer. Een vir een kan die genooide hongers ouers aan en word gewys na hulle plekke. Bestellings word geneem en Koedoes begin braai aan die burgers en boerewors. Die lekkerste reuk hang in die lug met bosveldklanke wat speel in die agtergrond.

Kort voor lank is al die gaste besig om te smul aan die heerlikste hamburgers en skyfies. En die Koedoes kry gou kans om vir hulself ook iets te maak om te eet. Orals sit moeë Koedoes en hul gaste met vol magies en gesels lekker oor die pret wat hul gehad het by die Koedoekafee.

No comments:

Post a Comment